Lede van die Ermelo Marathonklub het langasems

Herman Mulder het die 42.2 km-wedloop in ’n tyd van 4:59,10min voltooi.

ERMELO – Lede van die Ermelo Marathonklub het op 22 Januarie aan die Volksrust Marathon deelgeneem.

Herman Mulder het die 42.2 km-wedloop in ’n tyd van 4:59,10min voltooi.

In die 32 km-wedloop het Andries Koekemoer in ’n tyd van 3:15,17 gehardloop en Nico Wayne Weweje het die afstand in ’n tyd van 3:33,48 klaargemaak.

Yvonne Alexander het die 21.1 km aangepak en dit in ’n tyd van 2:12,23 voltooi, terwyl Annaline Weweje die 10 km in ’n tyd van 1:25,38 gehardloop het.

Mnr. Andries Koekemoer het Krynauw Mulder, ’n nuwe lid van die klub, asook Lionel Putter met die goeie tye wat hulle gehardloop het, gelukgewens.

Mulder het die junior wedloop in ’n tyd van 2:03,14 voltooi en Putter het die 10 km-wedloop in 1:10,00 gehardloop.

Vir navrae oor die Ermelo Marathonklub, kontak mnr. Koekemoer by 066 205 3685.

Exit mobile version