Local sportSport

Ermelo Gholfbaan onder water

Die kombuis, wat vir sowat twee jaar gesluit was, is onlangs heropen vir enigiemand om ’n heerlike ligte middagete by die gholfbaan te geniet.

ERMELO – Die plaaslike gholfbaan het gedurende Desember sowat 230 mm reën ontvang, en op Oujaarsdag sowat 80 mm.

Dit het die bestuur gedwing om die baan tot verdere kennisgewing te sluit.

Mnr. Bart Delport, die klub se nuwe bestuurder, het vertel dat die dryfbaan, kroeg en kombuis steeds oop is.

Die kombuis, wat vir sowat twee jaar gesluit was, is onlangs heropen vir enigiemand om ’n heerlike ligte middagete by die gholfbaan te geniet.

Hoëvelder het op 10 Januarie weer met mnr. Delport gesels oor die stand van sake by die gholfklub.

Hy het genoem dat hulle later die dag ’n besluit oor die baan sou neem.

Hy het ook bygevoeg dat as die baan binnekort sowat 10 mm reën sou ontvang, dit verdere probleme by die putjies sou veroorsaak.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button