Local sportSport

Ermelo se Lian van Niekerk is 50cc-kampioen

Lian van Niekerk, Gustav van Niekerk, MJ van Aarde, Stiaan van den Heever en WP Human het op 29 en 30 Oktober aan die laaste wedren van die Lowveld Enduro deelgeneem. Dié motorfietsryers het op 29 Oktober die normale roete gery, waarna hulle die volgende dag die roete van die eindstreep begin het. WP Human

Lian van Niekerk, Gustav van Niekerk, MJ van Aarde, Stiaan van den Heever en WP Human het op 29 en 30 Oktober aan die laaste wedren van die Lowveld Enduro deelgeneem.

Dié motorfietsryers het op 29 Oktober die normale roete gery, waarna hulle die volgende dag die roete van die eindstreep begin het.

WP Human het vir die eerste keer in die Weekend Warrior-klas deelgeneem en het ’n agtste plek behaal.

Lian van Niekerk, een van die groep se jongste deelnemers het vir die die eerste keer aan die Kickstarter-klas deelgeneem en was 10de.

Lian van Niekerk word as die 50cc-kampioen vir 2021 gekroon. (Foto: Verskaf)

Dié klas se roetes is 10 km.

Stiaan van den Heever het ’n derde plek in die 85cc-klas behaal.

Hy moes drie groen roetes van 35 km elk voltooi.

Ná afloop van die twee dae se harde kompetisie is die jaarlikse kampioenskapwenners aangekondig.

Lian van Niekerk word as die 50cc-kampioen vir 2021 gekroon.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button