Ermelo-Gimnas nou Suid-Afrikaanse kampioen

Volgens sy ma het Luan 'n natuurlike talent vir gimnastiek en het hy reeds vandat hy begin loop het, al verskeie toertjies gedoen.

Luan van Rensburg van die Ermelo Gimnastiekklub is onlangs as die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioen in vlak 4 in die 13- tot 16-jaar-oudersdomgroep aangewys.

Hy het vanaf 2 tot 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskap by die Matsport Sentrum in Eldoraigne deelgeneem, waar hy ‘n goue medalje op vloer en ‘n silwermedalje vir beide spronge en rekstok verower het.

Luan sê dat hy voor die kampioenskap hard gewerk het, maar dat hy voor die tyd sy hoop op ‘n tweede of derde plek geplaas het.

“Ek het nie gedink dat ek in my groep sal wen nie, omdat daar baie ouer kinders saam met my was,” het hy gesê.

Sy ma, me. Annel van Rensburg, het gesê dat hulle na die kampioenskap op skerms buite die sentrum moes kyk en het glad nie verwag dat hy sou wen nie.

“Ons kon slegs een van sy items gesien het,” het sy gesê.

In dié ouderdomsgroep het daar sowat 30 kinders deelgeneem, van wie Luan die enigste van Ermelo was.

Volgens sy ma het Luan ‘n natuurlike talent vir gimnastiek en het hy reeds vandat hy begin loop het, al verskeie toertjies gedoen.

Op die ouderdom van ses het hulle besluit om Luan by die gimnastiekklub op Ermelo in te skryf, waar hy baie goed presteer het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version