Local sportSport

Lunatic Rally-span maak gereed vir 2021 TRACN4-wedren

Dié span van Edward Strydom en sy 14-jarige dogter, Lariné, het tydens die vyfde ronde op 8 Oktober ’n eerste plek in die nasionale en streekronde behaal.

ERMELO – Die Lunatic Rally-span het onlangs tydens die Nasionale Rally-kampioenskap in Secunda die eerste plekke ingeryg.

Dié span van Edward Strydom en sy 14-jarige dogter, Lariné, het tydens die vyfde ronde op 8 Oktober ’n eerste plek in die nasionale en streekronde behaal.

Hulle het ook in die streek eerste algeheel gekom en sesde nasionaal.

Tydens die sesde ronde op 9 Oktober het die span weer la’t wiel en in die eerste plek in die nasionale en streekronde geëindig.

Hulle het algeheel eerste in die streek geëindig en agtste nasionaal.

Dié twee is besig met voorbereidings vir die 2021 TRACN4-wedren van Suid-Afrika wat op 26 en 27 November in Dullstroom sal plaasvind.

Edward sê dat hulle die sport nie sonder hulle borge sou kon doen nie; ’n stel motorbande jaag hulle sowat R10 000 per wedren uit die sak.

Hulle uitgawes vir die wedren in Dulstroom beloop sowat R30 000.

“Dankie aan Pieterse & Kie, ‘Die boekhouer agter die boer’, Ermelo Toyota en Hough Slaghuis wat ons tot dusver gehelp en ondersteun het. Sonder julle bydrae sou ons kon deelneem nie,” het Edward gesê.

Enigeen wat die span graag wil borg kan Edward by 083 641 1647 kontak.

In ruil vir enige borgskappe gee die span die sakeondernemings ook blootstelling op hul voertuig en sosiale media.

Volg gerus die span se Facebook-bladsy, Lunatic Rally Team, vir meer inligting oor hul wedrenne.

Related Articles

Back to top button