Vyf gimnaste van die Ermelo Gimnastiekklub het vanaf 2 tot 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskap by die Matsport Sentrum in Eldoraigne deelgeneem.
Luan van Rensburg het in vlak 4 in die 13-tot-16-jaar oudersdomgroep ’n algehele eerste plek behaal.
Hy het ’n goue medalje op vloer en ’n silwer medalje vir beide spronge en rekstok verower.
Thomas Pace het in die vlak 6-afdeling vir 15- tot 18-jariges deelgeneem en agtste geëindig.
Thomas het ’n brons medalje vir spronge behaal en vierde in die rekstok-afdeling gekom.
Nikao du Toit het ook in die bogenoemde afdeling meegeding en negende geëindig.
Hy het ’n sesde plek in die rekstok-afdeling behaal.
Adri van der Merwe het in die vlak 5-afdeling vir 13- tot 18-jariges deelgeneem.
In dié afdeling was daar sowat 43 deelnemers en sy het die 17de plek behaal.
Leon Maritz het die 17de plek in die vlak 5-afdeling vir die ouderdomsgroep 14 tot 18 jaar behaal.
Hy het ’n agtste plek op die beuelperd verower.