’n Groep seuns van Ermelo Stoeiklub het onlangs aan die Mpumalanga Stoeiproewe in Middelburg deelgeneem.
Sewe van die seuns is vir die Mpumalanga-span gekies wat van 6 tot 9 Oktober by die Suid-Afrikaanse kampioenskap by die Casa Social da Madeira in Pretoria meegeding het.
Woldermar Winkler en Lohan van Niekerk het in die S09-afdeling deelgeneem.
Woldermar het in die presidentsafdeling onder 42 kg ’n brons medalje verower.
AJ van Niekerk wat in die S011-afdeling vrystyl onder 55 kg deelgeneem het, het ’n silwer medalje ontvang.
Carlo van Staden en WP Human het in die S013-afdeling meegeding, waar Human ’n brons medalje in die onder 57 kg vrystyl behaal het.
Hy het ook vyfde in die presidentsafdeling geëindig.
Teghan Breytenbach het in die S015-Grieks-Romeinse afdeling vir seuns onder 68 kg ’n brons medalje ontvang.
In die vrystylafdeling het hy vierde geëindig.