Local sportSport

Regering se besluit om gholfklubs te heropen, kom vir sommige klubs net betyds

Dié nuus is Vrydag, 12 Junie deur GholfRSA bevestig nadat verskeie klubs finansieel kreupel gelaat is.

Die aankondiging van die regering dat gholfklubs weer mag heropen, kom vir sommige klubs net betyds.

Dié nuus is Vrydag, 12 Junie deur GholfRSA bevestig nadat verskeie klubs finansieel kreupel gelaat is.

Die Hoëvelder het net voor dié nuus gebreek het, met mnr. Japie Koegelenberg, klubbestuurder van Ermelo Gholfklub gesels oor die tol wat die staat van inperking met gepaardgaande regulasies, op die plaaslike gholfklub neem.

Mnr. Koegelenberg was van mening dat die klub dit bitter moeilik sou vind om sy deure oop te hou, sou die regulasies nie verslap word voor einde Junie nie.

Noodgedwonge is daar sedert die intreevlak van die inperking, verskeie kostebesparingsmaatreëls aangewend om die klub staande te hou.

“Die klub moes kostes tot op die been sny om sy voortbestaan te verseker,” het mnr. Koegelenberg gesê.

Navrae is ingedien by die munisipaliteit vir kwytskelding van die maandelikse huur en die klub het ook aansoek gedoen by die noodfonds van die sportraad vir verligting.

“Werknemers se salarisse is gesny en hul moes van UIF eis, ooreenkomste rondom die 20 gholfkarretjies wat die klub gehuur het, moes afgeskaf word siende daar geen inkomste was om dit meer te kon bekostig nie.”

Sedertdien sal die klub egter weer in besprekinge hieroor moet tree om op die weg vorentoe te besluit.

Hier is voorlopige regulasies waaraan gholfspelers moet voldoen:

  • Normale sosiale distansiering van 2m
  • 1 persoon per gholfkar (indien karre beskikbaar gestel word)
  • Spelers mag nie ander se gholfballe, gholfstokke ens. hanteer nie
  • Slegs 50 spelers word op die baan toegelaat
  • Gholfvlae mag nie hanteer word nie
  • Geen harke op die baan om sandkuile te hark nie
  • Elektroniese byhou van telling – geen telkaarte
  • Kroeg en restaurant fasiliteit gesluit
  • Geen sosiale byeenkoms word na gholf toegelaat nie

Lees die volledige berig in die Hoëvelder

Related Articles

Back to top button