Local sportSport

Hengelaars ondersteun SAVF-hengelkompetisie by Eilandsmeer

Steven Murray het met die prys weggestap vir die grootste karp wat 3.43kg geweeg het en Francis Kotze se karp wat 2.19kg geweeg het, was die grootste onder die vroue hengelaars.

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF)-tehuis op Ermelo het onlangs ’n hengelkompetisie by Eilandsmeer aangebied.

Met groot pryse op die spel, het hengelaars die geleentheid aangegryp.

Steven Murray het met die prys weggestap vir die grootste karp wat 3.43kg geweeg het en Francis Kotze se karp wat 2.19kg geweeg het, was die grootste onder die vroue hengelaars.

Melandri Kraayenburg het die grootste baber in die vroue-afdeling gevang.

Dié vis het 6.78kg geweeg.

In die 13 tot 18 jaar afdeling het Jean-pierre van Rooyen die grootste vis gevang, wat 3.2kg geweeg het en Zavier van Wyk het die kleinste vis gevang wat 0.26kg geweeg het.

Die personeel van die SAVF-tehuis het al die deelnemers en borge wat van die dag ’n sukses gemaak het, bedank.

Related Articles

Back to top button