Vrywilligers is die hartklop van Kralinbergh parkrun

Tommie Jacobs het eerste oor die eindstreep gehardloop met ’n tyd van 24:17, terwyl Marie Jonker die eerste vroue atleet oor die einstreep was.

Vrywilligers van Kralinbergh parkrun het op 23 Februarie weer ’n suksesvolle parkrun aangebied.

Die vrywilligers verseker dat die baan veilig is vir die atlete en moedig hulle ook aan gedurende die 5km roete.

Theresa Botha, Analdo de Bruyn, Alida de Jager, Joseph de Jager, Helga Keulder, Rethia Naudé, Ansuné Neethling, Magdaleen Neethling, Ameen Tikly, Raees Tikly, Flip Venter en Gerald Young is die vrywilligers wat die week se parkrun moontlik gemaak het.

’n Totaal van 145 atlete het aan dié week se parkrun deelgeneem.

Tommie Jacobs het eerste oor die eindstreep gehardloop met ’n tyd van 24:17, terwyl Marie Jonker die eerste vroue atleet oor die einstreep was.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

Exit mobile version