Victor Borges wen EDPC skietdag by Vlakfonteinskietbaan

Verskillende bane is vir die dag opgestel wat deur die skuts teen tyd voltooi is.

Victor Borges is as die wenner van Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) se  klub skietkompetisie aangewys wat op 22 Februarie aangebied is.

’n Totaal van 12 skuts het aan dié skietdag deelgeneem wat by die Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind het.
Verskillende bane is vir die dag opgestel wat deur die skuts teen tyd voltooi is.
Christelle Whatley is as die Mees Akuraatste Skut aangewys met Loekie Jansen van Rensburg in die tweede plek en John Whatley in die derde plek.
Maak seker om jou kopie van die Hoëvelder te kry om al die resultate te lees.
Exit mobile version