Michael en Gwynneth kraai koning tydens Hoëveld-distrik se gemengde-pare rolbalkampioenskap

Maherry en Walters-Gerout het in die eindstryd teen Koos Jonker en Rina Gibbard van Secunda te staan gekom en die span 28-16 geklop.

Michael Maherry en Gwynneth Walters-Gerout is op 2 Februarie as die Hoëveld Gemengde Pare-kampioene op Ermelo gekroon.

Ermelo Rolbalklub het op 1 en 2 Februarie die Hoëveld-distrik se Gemengde Pare-kampioenskap aangebied.

Rolbalklubs van die distrik het hulle mans- en vrouespanne ingeskryf om vir dié uitsonderlike titel mee te ding.

Die spanne van Ermelo het hulle goed van hul taak gekwyt en die klub se naam hoog gehou.

Maherry en Walters-Gerout het in die eindstryd teen Koos Jonker en Rina Gibbard van Secunda te staan gekom en die span 28-16 geklop.

Alna Basson en Vincent Sonnekus van Ermelo het die derde plek ingeneem en Gerrit van Rooyen en Anette van Rooyen van Secunda het vierde geëindig.

Die kampioene van Ermelo het deurgedring na die Mpumalanga-uitspele wat op 29 Februarie sal plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version