Local sportSport

SAJWV Rietboktak nooi almal na eerste skietdag vir die jaar

Skuts gaan aan drie verskeie afdeling deelneem wat semi-automaties, jakkals en vlakvark insluit . 

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak bied op 11 Januarie hul eerste skietdag vir die jaar by Vlakfontein-skietbaan op die Chrissiesmeerpad aan.

Die dag sal om 8vm afskop en die inligtingsessie word om 8.45vm gedoen.

Skuts gaan aan drie verskeie afdeling deelneem wat semi-automaties, jakkals en vlakvark insluit .

In die semi-automatiese-afdeling gaan van die skuts verwag word om op 50m 10 rondtes in 30 sekondes te skiet.

Die jakkals-afdeling kan skuts met enige senterslagkaliber vanaf 300m vyf skote in vyf min vanuit lêposisie met vrye ondersteuning skiet.

SA Jagters skietreëls sal tydens die dag toegepas word en oog- en oorbeskerming moet gedra word.

Kamervlaggies is noodsaaklik en sal ook by die klubhuis beskikbaar wees.

Geen alkohol mag gebruik word alvorens die baan nie gesluit verklaar is nie.

Verversings sal te koop wees gedurende die dag en daar sal ’n bring en braai na afloop van die prysuitdeling wees.

Related Articles

Back to top button