Ermelo parkrun-atlete laat hul nie deur ongure weer afskrik nie

’n Totaal van 15 atlete het hul persoonlike beste tye aangeteken en 15 atlete het vir die eerste keer aan die parkrun deelgeneem.

’n Totaal van 56 atlete het op 9 November die Kralinbergh parkrun aangepak.

Stephan Jacobs het eerste oor die eindstreep gehardloop en het ’n tyd van 24:42 behaal, met Tommie Jacobs met 24:59 kort op sy hakke.

Anvia du Plessis, Juanita Basson en Brenda Steyn was die eerste drie vroue-atlete wat die parkrun voltooi het.

’n Totaal van 15 atlete het hul persoonlike beste tye aangeteken en 15 atlete het vir die eerste keer aan die parkrun deelgeneem.

Vrywilligers wat dié geleentheid moontlik gemaak het, was: Sharon Aucamp, Theresa Botha, Joseph De Jager, Alida  De Jager, Wanda Du Plessis, Magdaleen Neethling, Erika Nel, Nomsa Nzimande, Mandri Olivier, Raees Tikly, Nuraz Tikly, Gerald Young en Grant Young.

Die organiseerders het alle inwoners van Ermelo genooi om aan dié 5km-roete wat gestap óf gedraf kan word, deel te neem.

Die parkrun vind Saterdae omstreeks 8vm by die Kralinbergh Gastehuis plaas.

Exit mobile version