Local sportSport

Ligbron Akademie vir Tegnolosie se gholfdag lok 144 gholfspelers

Elke speler het tydens die inskrywings ’n blou hemp ontvang, waarmee hulle die dag deelgeneem het.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 1 November, hul jaarlikse gholfdag by die Ermelo Buiteklub aangebied.

’n Totaal van 144 gholfspelers het die dag bygewoon en met pryse ter waarde van bykans R40 000 was dié dag beslis ’n hoogtepunt op Ermelo gholfspelers se kalenders.

Elke speler het tydens die inskrywings ’n blou hemp ontvang, waarmee hulle die dag deelgeneem het.

Die spelers het in ’n IPS formaat deelgeneem en dit was eens dat almal die dag geniet het.

Die wenner van die dag was Hendrico Janse van Rensburg, ’n graad 10 leerder van Ligbron met 42 punte op na ’n uittel.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button