Local sportSport

Ermelo Tomahawks troef Loskop Leopards

Die voorspeler van die wedstryd was Thabo Madonsela en die agterspeler van die wedstryd was Kobus Holtzhausen.

Die Ermelo Tomahawks Rugby League-span het op 21 September op AJ Swanepoel Stadion teen Loskop Leopards te staan gekom en dié kragmeting met 38 punte teenoor 20 punte gewen.

In dié stryd het Ermelo gesorg vir ‘n behoorlike terugvegpoging, na die vorige week se riller-wedstryd teen die einste Leopards.

Ermelo het die eerste drie vir die wedstryd aangeteken en vroeg gewys dat hulle ‘n span is om dop te hou.

LEES OOK: Ermelo JKA Karateka excel at KSA Women’s tournament in Durban

Die puntemakers vir die span was Sindiswa Mbokane en Kobus Holtzhausen wat elkeen twee drieë vir die span aangeteken het en Nickey Jansen van Rensburg, Jeandré Bottel, en Thabo Madonsela met een drie elk.

Nickey Jansen van Rensburg het daarin geslaag om vyf van die sewe drieë te verdoel.

Die voorspeler van die wedstryd was Thabo Madonsela en die agterspeler van die wedstryd was Kobus Holtzhausen.

Ermelo Tomahawks speel op 5 Oktober teen Bethal Broncos op Ermelo en die bestuur nooi alle inwoners om die span te ondersteun.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button