Local sportSport

Radio-karre sorg vir groot pret by Ermelo radiobeheerde-motors klub

Dié klub se voorsitter, mnr. Kobus Grobler, het aan die Hoëvelder verduidelik dat deelnemers met radiobeheerde motors, oor verskeie hindernisbane ry om die voertuig en die bestuurder se vernuf te toets.

Ermelo radiobeheerde-motorsklub het op 25 Augustus ’n “Crawler”-dag by hul nuutgeboude bane op die Hendrina-pad aangebied.
Die bane sluit ’n teerbaan, “off road”-baan en “Crawler”-baan in.
’n Totaal van 22 deelnemers van Ermelo, Secunda en Witbank het aan dié dag deelgeneem.
Dié klub se voorsitter, mnr. Kobus Grobler, het aan die Hoëvelder verduidelik dat deelnemers met radiobeheerde motors, oor verskeie hindernisbane ry om die voertuig en die bestuurder se vernuf te toets.
Die voertuie is op ’n skaal van 1:10.
Hy het bygevoeg dat Ermelo RC klub op 15 September ’n baan-dag aanbied, waar deelnemers hul voertuie se spoed op die toets kan stel.
Enige iemand wat by dié klub wil aansluit kan mnr. Grobler skakel by 081 348 1221.

Related Articles

Back to top button