School sportSport

EHS-tennis vaar uitstekend tydens Gert Sibande Hoëvel-liga

EHS se tweede dogterspan as ligawenners en die derde dogterspan as naaswenners aangewys was.

Hoërskool Ermelo se tennisspanne het op 12 en 13 Augustus, kragte gemeet teen skole in die Gert Sibande Hoëveld-liga, naamlik Hoërskole Standerton, Secunda, Oosterland, Piet Retief, Hoogenhout, Volksrust, Curro Secunda en Ligbron Akademie vir Tegnologie.

Erries het vier seunspanne en drie dogterspanne vir die liga ingeskryf.

Die eerste seunspan tree as naaswenners uit die liga,en die tweede seunspan was as die ligawenners aangewys.

EHS se derde seunspan het derde geëindig en die vierde seunspan was as ligawenners gekroon.

EHS se eerste dogterspan het agtste in die liga geëindig, terwyl die tweede dogterspan as ligawenners en die derde dogterspan as naaswenners aangewys was.

Na aanleiding van die uitslae van die Gert Sibande Hoëveld-liga, het die Erries se tennisspanne op Vrydag 16 Augustus aan die Mpumalanga-kampioenskap deelgeneem.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

Hoërskool Ermelo se vierdespan tennisseuns is Thobani Zwane, Bongumusa Vilakazi, Adiano Maclean en Didi Pitsi. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button