Local sportSport

Swartbalspelers sê mekaar die stryd aan op Ermelo

Spelers wat besonder goed gevaar het tydens die liga, is Charles Wahlstrand van Full Moon 1 wat sewe uit nege wedstryde gewen het.

Die swartballiga-spanne van Full Moon Cue Sportklub het op 18 Augustus teen Gringo’s van Hendrina te staan gekom.

Wedstryde het om 10vm op Ermelo afgeskop.

Spelers wat besonder goed gevaar het tydens die liga, is Charles Wahlstrand van Full Moon 1 wat sewe uit nege wedstryde gewen het.

Hein Heine van Full Moon 1 het vyf uit nege wedstryde gewen, Leon Pieterse (Full Moon 1), Jp Joubert (Full Moon 2) en Craig Housden het elk vier uit ses wedstryde gewen.

Met die liga wat vinnig einde se kant toe staan, het die spanne hard geveg vir elke punt.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button