Local sportSport

Ermelo Rugbyklub laat Bethal les opsê

Die tweedespan se wedstryd het afgeskop met Ermelo wat binne die eerste twee minute deur Bethal se verdediging gebreek het, en die bal onder die pale gedruk het.

Ermelo Rugbyklub het op 13 Julie teen Bethal te staan gekom en albei wedstryde gewen.

Ermelo 1 se wedstryd het om 2.30nm afgeskop.

Die rugbyklub het eerste punte aangeteken, waarna Marcel Wallace die bal deur die pale gestuur het.

Ermelo het teen die einde van die eerste helfte 13-10 voorgeloop.

Die tweede helfte het afgeskop met ’n vinnige drie deur Ermelo, wat ook verdoel is.

In die doodsnikke van die wedstryd, het Schalk de Villiers die wendrie vir Ermelo gedruk.

Ermelo 1 het Bethal 2 met ’n telling van 32-29 geklop.

Arnold Pretorius en Willie de Jager is aangewys as Ermelo 1 se Spelers van die Wedstryd.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button