School sportSport

Luhan Meyer gekies om aan die JKA Suid-Arikaanse kampioenskap in Mei deel te neem

Luhan het in die 0/21 84kg + afdeling deelgeneem en het ’n vierde plek in Suid-Afrika vir Kumite behaal.

Luhan Meyer, graad 12-leerder van Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 2 Maart deelgeneem aan die KSA se Suid-Afrikaanse kampioenskap vir All Styles.

Luhan het in die 0/21, 84kg+ afdeling deelgeneem en het ‘n vierde plek in Suid-Afrika vir Kumite behaal.

Hy is ook in die top tien van Suid-Afrika vir Kata.

Hy het op Saterdag, 9 Maart aan die JKA Mpumalanga-karatekampioenskap deelgeneem in die Youth Elite-afdeling.

Hier het hy in beide Kata en Kumite eerste plekke behaal en is gekies om aan die JKA Suid-Arikaanse kampioenskap in Mei te gaan deelneem.

Luhan Meyer van Hoërskool Ermelo is gekies om aan die JKA Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Mei deel te neem. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button