Local sportSport

Full Moon Cue Sport se swartbalspelers geniet die Suid-Afrikaanse Swartbal kampioenskap

Daar het altesaam 22 spanne in die ope mans-afdeling deelgeneem. Mpumalanga 1 het na die “round robin” uitspeel rondes in die sesde plek geëindig, die span het deurgedring na kwarteind ronde waar hulle 12-13 teen Kwa-Zulu Natal verloor het.

Twee swartbalspelers, verbonde aan Full Moon Cue Sport klub op Ermelo, het vanaf Sondag, 10 Maart tot Saterdag, 16 Maart aan die Suid-Afrikaanse Swartbalkampioenskap deelgeneem.

Dit het by die Umfolozi Casino in Empangeni plaasgevind.

Charles Wahlstrand was deel van die Mpumalanga 1 span en Hein Heine was deel van die Mpumalanga 2 span.

Daar het altesaam 22 spanne in die ope mans-afdeling deelgeneem.

Mpumalanga 1 het na die “round robin” uitspeel rondes in die sesde plek geëindig, die span het deurgedring na kwarteind ronde waar hulle 12-13 teen Kwa-Zulu Natal verloor het. Mpumalanga 2 het in die 16de plek geëindig.

Wahlstrand het algeheel 35ste uit die 110 speler in die span kompetisie geëindig.

In die enkel-afdeling het Wahlstrand in die laaste 32 ronde uitgeval en Heine het in die laaste 64 ronde uitgeval.

“Ek het dit geniet om op die hoogste vlak teen die beste spelers in die land te speel,” het Wahlstrand aan die Hoëvelder vertel.

Heine het vertel dat hy dit geniet het om deel van die provinsie se span kon wees en sodoende ook saam met die ander spelers in die provinsie mekaar se wedstryde kon ondersteun.

Die twee spelers sien uit na die jaar se voorbereiding om selfs beter by die volgende kampioenskap te vaar.

Related Articles

Back to top button