Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging Rietboktak bied geborgde skietdag aan

Altesaam 27 spanne (108 skuts) het ingeskryf vir die dag en die skuts het die dag afgeskop met kofffie en toebroodjies, waarna hulle in groepe ingedeel is.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak in samewerking met Wildman het Saterdag, 16 Maart ‘n skietdag by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeer-pad aangebied.

Altesaam 27 spanne (108 skuts) het vir die dag ingeskryf.

Die skuts het die dag afgeskop met koffie en toebroodjies, terwyl hulle die nodige registers moes voltooi, waarna hulle in groepe ingedeel is en na die verskeie bane geneem is.

Daar is ses bane vir die dag vir die spanne om te voltooi, opgestel.

Die dag is afgesluit met ‘n spoggerige prysuitdeling waar elk van die 108 skuts ‘n prys ontvang het en na die pryuitdeling is daar gebraai en tot laat gekuier.

Die “Overwatch”-span is aangewys as die wenner van die dag, met “Maggason Recalled” tweede, en “Y Nots” in die derde plek.

Die beste vrouespan was die “Tutu Warriors” en die beste gemengde span vir die dag was “Dubula”. Johan Lottering is as die beste skut vir dag aangewys.

‘n “Powergong” was aangebied waar elke skut hulle eerste skoot verniet kon skiet en daarna R50 vir elke skoot indien hy nog wou probeer, moes betaal.

Die afstand van die skietplaat was geheim gehou en die manne het tou gestaan om te skiet vir die kans om ‘n Meopta 6x18x50 teleskoop te kon wen.

Al die skuts wat raak geskiet het, se name is in ‘n trekking gegooi en die gelukkige wenner was Dawie van Aardt.

Dewald Greyling maak verstellings aan sy teleskoop in ’n poging om die skietplaat tydens die “powergong” raak te skiet.
Annelize en Gerhard Breedt lê aan om die valplate tydens die SAJWV Rietboktak se skietdag wat Saterdag, 16 Maart plaasgevind het, raak te skiet.
David Hammond lê aan om die skietplaat by die “powergong”-baan tydens die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se skietdag by Vlakfonteinskietbaan raak te skiet.
Exit mobile version