Ermelo skuts geniet Laeveld Jagters Vereniging se skietdag

Marius Grobbelaar is die algehele wenner van die dag met J Theron in die tweede plek en J Wolfaardt in die derde plek.

Laeveld Jagters Vereniging (LJV) het op Saterdag, 9 Maart ‘n skietdag by Klipfonteinskietbaan aangebied.

Altesaam 16 skuts het aan die dag deelgeneem en goeie tellings is geskiet.

Marius Grobbelaar is die algehele wenner van die dag met Johan Theron in die tweede plek en Kiewiet Wolfaardt in die derde plek.

In die junior-juniorafdeling het Loutjie Theron met 12 punte in die eerste plek geëindig.

Marelize Wolfaardt het die eerste plek in die vroue-afdeling ingeneem met 82 punte.

Marius Grobbelaar het die eerste plek in die mans-afdeling ingeneem met 115 punte, gevolg deur Johan Theron met 111 punte tweede, en Kiewiet Wolfaardt met 106 punte derde.

In die veteraanafdeling het David Smith met die eerste plek weggestap, met Lourens Greyling met 30 punte in die tweede plek, en Costas Klonaris met 9 punte in die derde plek.

Die klub nooi belangstellendes om aan te sluit, waar hulle tyd maak om jonger skuts tou wys te maak.

Lourens Greyling mik om die teikens raak te skiet by die .22-baan tydens die Laeveld Jagters Vereniging se skietkompetisie. (Foto: Verskaf)
Pieter de Beer in aksie tydens die swaarkaliber-afdeling. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version