Local sportSport

Rolbalspanne lewer goeie spel tydens die Nashua Rolbalbesigheidsliga

Die liga vind elke Dinsdag en Donderdag om 6nm by Ermelo Rolbalklub plaas.

Die Nashua Rolbalbesigheidsliga is goed op dreef en omdat al die spanne goeie spel lewer het, is daar nog geen span verseker van hul plek nie.

Ballbusters het tans die voorhand met 22 punte in die een groep van die Dinsdagliga, met Value Africa in die tweede plek met 20 punte, Piet in die derde plek met 18 punte, Balls of Fury staan op 17 punte in die vierde plek en Vleissentraal met 16 punte, vyfde.

In die tweede groep is Rothman Motors tans in die eerste plek met 26 punte, gevolg deur Nashua met 26 punte tweede, Emfuleni pipes & pumps met 21 punte derde.

Die voorlopers in groep A van die Donderdagliga is Jokers met 22 punte, gevolg deur Jolt tweede met 22 punte, EBM derde met 21 punte, Fire & Signs vierde met 19 punte en Pointech met 18 punte vyfde.

In die tweede groep van die Donderdagliga is Ouma Rooi in die eerste plek met 22 punte, Camel Madness tweede met 22 punte, Majorsteel derde met 18 punte, Head to Tails vierde met 17 punte, en MJ Steel vyfde met 16 punte.

Die ander spanne is Bolt & Nut (15 punte), Toyota B (15), Fast Web (15 punte), Flinstones (14 punte) en Sanlam (10 punte).

Adam Barnard in aksie tydens die Nashua Rolbalbesigheidsliga wat op Dinsdae en Donderdae plaasvind.

Related Articles

Back to top button