School sportSport

Vuf skuts van Hoërskool Ermelo neem deel aan die jaarlikse interprovinsiale skietkompetisie in Vryheid

Dié kompetisies is die eerste ronde proewe vir skuts om in die Suid-Afrikaanse-skole skietspan ingesluit te word.

Hoërskool Ermelo skuts het die afgelope naweek vanaf 1 tot 3 Maart aan die jaarlikse interprovinsiale-skietkompetisie in Vryheid deelgeneem.

Hierdie kompetisie vind elke jaar tussen Mpumalanga en Kwazulu Natal op ‘n rotasiebasis plaas.

Die ander provinsies in die land het dieselfde kompetisie en dit vind op dieselfde tyd plaas.

Dié kompetisies is die eerste ronde proewe vir skuts om in die Suid-Afrikaanse skole-skietspan ingesluit te word.

Gedurende Augustusmaand gaan die verkose span Suid-Afrika in Engeland verteenwoordig.

Pieter de Beer het ‘n tweede plek behaal as 0/14-sporterskut.

Die tellings is John-Henri van Zyl met 1348, Pieter de Beer met 1288, Renel Swanepoel met 1280 en Hendrea van Zyl met 1213 (persoonlike beste).

Herentia van Zyl het ook haar persoonlike beste van 918 geskiet.

Related Articles

Back to top button