Local sportSport

Pieter Ackerman is die algehele wenner van Laeveld Jagters Vereniging (LJV) se skietdag

Die skuts van die klub spandeer ekstra tyd om die junior-skuts te leer en nooi graag alle skuts om by hulle aan te sluit.

Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het Saterdag, 23 Februarie ‘n langgeweer-skietdag by Klipfontein Skietbaan aangebied.

Altesaam 25 skuts het aan die dag deelgeneem en goeie tellings is geskiet.

Pieter Ackerman is die algehele wenner van die dag met Dawie Roos in die tweede plek en Isak Fourie in die derde plek.

In die junior-juniorafdeling het Loutjie Theron in die eerste plek geëindig en Karli Snyman in die tweede plek.

Sumé Snyman het ‘n totaal van 33 punte in die junior dogtersafdeling geskiet en Arend Fourie het 98 punte in die junior seunsafdeling geskiet.

In die vroue-afdeling het Christelle Neethling die eerste plek ingeneem met Zaan van den Heever tweede en Izanda Erasmus derde.

Izak Fourie het die mansafdeling gewen met 104 punte, gevolg deur Rudi Snyman tweede met 101 punte en Marius Grobbelaar derde met 91 punte.

Die veteraan-afdeling is gewen deur Pieter Ackerman met 154 punte, Dawie Roos het tweede geëindig met 129 punte en Dawid Smith het die derde plek ingeneem met 32 punte.

Die skuts van die klub bestee ekstra tyd om die juniorskuts te leer en nooi graag alle skuts om by hulle aan te sluit.

 

Related Articles

Back to top button