Local sportSport

Ermelo rugbymanne maak reg vir komende seisoen

Die klubbestuur nooi al die manne wat verlede jaar gespeel het, asook alle spelers wat belangstel om vanjaar nuwe lede van die klub te word, om saam te oefen.

Ermelo Rugbyklub is reeds hard aan die oefen vir die nuwe seisoen wat voorlê.

Oefentye is vasgestel vir Dinsdae en Donderdae om 6nm by AJ Swanepoel Stadion.

Die klubbestuur nooi al die manne wat verlede jaar gespeel het, asook alle spelers wat belangstel om vanjaar nuwe lede van die klub te word, om saam te oefen.

Ermelo Rugbyklub se 1ste-span is verlede jaar as die Gert Sibande Mayor’s League kampioene gekroon, nadat hulle Bethal Rugbyklub in die eindstryd van die reeks met 48-5 oorwin het.

Vanjaar sal die klub in die Super liga speel.

Die rugbyklub sal Saterdag, 2 Maart ’n vriendskaplike wedstryd teen Belfast speel, Saterdag, 9 Maart teen Pongola te staan kom en Saterdag, 16 Maart kragte meet teen Piet Retief.

Vir meer inligting skakel mnr. Pierre van Rooyen by 076 310 2305 of mnr. Jacques Strydom by 082 328 3410.

Related Articles

Back to top button