Local sportSport

Nic Roets geniet skietdag saam Ermeloërs by Vlakfontein-skietbaan

Kai Flynn het in die junior seuns-afdeling eerste geëindig en Luché Geldenhuys het in die junior dogters-afdeling eerste geëindig.

Ignis Steenkamp en Izél Barnett is aangewys as die algehele wenners van SAJWV Rietbok-tak se Februarie skietkompetisie.

Die skietdag het Saterdag, 9 Februarie by Vlakfontein-skietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind.

Charles Robberts het die eerste plek ingeneem in die pistol veteraan-afdeling, met Steve Rautenbach tweede en Johan Jonker derde.

In die senior-mansafdeling het Nic Roets eerste geëindig, gevolg deur Ignis Steenkamp in die tweede plek en Jan-Hendrik Snyman in die derde plek.

Nic Roets (SA Jagters Nasionaal Opleiding) in aksie tydens die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se skietdag wat Saterdag, 9 Februarie plaasgevind het. (Foto verskaf)

Anita Roets het die vroue-afdeling gewen met Cecelia Beukes tweede en Cheryl Geldenhuys derde.

Kai Flynn het in die junior seuns-afdeling eerste geëindig en Luché Geldenhuys het in die junior dogters-afdeling eerste geëindig.

Die .22-veteraan afdeling is deur Steve Rautenbach gewen, met Ben Oelofse tweede en Johan Jonker derde.

Jors Humpel het die eerste plek ingeneem in die senior-mansafdeling met Dave Harris in die tweede plek en Louis Geldenhuys in derde plek.

Izél Barnett is aangewys as die wenner in die senior vroue-afdeling, gevolg deur Cheryl Geldenhuys in die tweede plek en Cecelia Beukes in die derde plek.

Kai Flynn het in die junior seuns-afdeling eerste geëindig en Luché Geldenhuys het in die junior dogters-afdeling eerste geëindig.

Die algehele wenner in die mans-afdeling was Ignis Steenkamp in die eertse plek, Braam Steenkamp in die tweede plek en Johnny dos Reis in die derde plek.

Izél Barnette is aangewys as die algehele wenner in die vroue-afdeling met Cheryl Geldenhuys in die tweede plek en Cecelia Beukes in die derde plek.

Die klub het vir die eerste keer die Gallery Sporting Rifle (GSR) kompetisie aangebied.

Die wenners van die kompetisie was Jors Humper in die eerste plek, Boetie Kirchner in die tweede plek en Rudi Prinsloo in die derde plek.

Rietbok-tak se volgende skietkompetisie is ‘n veld gongskiet wat Saterdag, 16 Maart sal plaasvind.

Ben van der Merwe en Alwyn Burger konsentreer om die teikens in die kol te skiet tydens die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se skietdag wat Saterdag, 9 Februarie plaasgevind het.

Related Articles

Back to top button