School sportSport

Atlete van Hoërskool Ermelo verower 43 goue medaljes tydens atletiekbyeenkoms

Met slegs 82 uit die 138 reeds afgehandel items het die Erries 43 goue medaljes verower.

Hoërskool Ermelo het Saterdag, 26 Januarie ’n atletiekbyeenkoms met Hoërskool Volksrust, Hoërskool Oosterland en Curro Nelspruit, aangebied.

Teen vroeg-middag moes die byeenkoms egter gestaak word as gevolg van die weer.

Met slegs 82 uit die 138 reeds afgehandel items het die Erries 43 goue medaljes verower.

Die skool wat naas EHS die meeste eerste plekke behaal het, het slegs 25 goue medaljes verower.

Daarby het die Erries 20 tweede plekke en 23 derde plekke behaal.

Geen individuele toekennings is toegeken nie, weens die feit dat die byeenkoms nie voltooi kon word nie.

Johan Nel van Hoërskool Ermelo seil oor die hekkies tydens die atletiekbyeenkoms wat EHS aangebied het. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button