Twee lede van Full Moon Cue Sport klub op Ermelo haal die Mpumalanga-spanne wat aan die Suid-Afrikaanse mans Swartbal-kampioenskap sal deelneem

Na twee baie lang dae is die spanne aangekondig wat later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap sal deelneem.

Vier lede van die Full Moon Cue Sportklub op Ermelo het Saterdag, 19 Januarie en Sondag, 20 Januarie aan die swartbal-proewe deelgeneem.

Die proewe het by Panda’s Klub op Secunda plaasgevind. Elke speler het hard gespeel om die eerste drie wedstryde te wen, maar het slegs 25 minute gehad om sy teenstander te klop.

Na twee lang dae is die Mpumalanga-spanne aangekondig wat later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Mans Swartbal-kampioenskap sal deelneem.

Die Mpumalanga Swartbal A-span is Darren Barnard (Panda’s), Hendry Erasmus (Panda’s), Mandi Mente (Panda’s), Kyle Jonker (Panda’s) en Charles Wahlstrand (Full Moon). (Foto: Verskaf)

Charles Wahlstrand van Ermelo het saam met Hendry Erasmus, Kyle Jonker, Darren Barnard en Mandi Mente van Panda’s Klub die eerstespan behaal.

In die tweedespan is Hein Heine van Full Moon Cue Sport, Piet Skozana en Shane Nolan van Gringo’s Klub en Paul Khumalo en Peter Nwaila van Panda’s Klub.

Die derdespan is Adam Nel (Panda’s), Solomon Makhubela (Gringo’s), Jaco Pretorius (Panda’s), Abdul Ganj (Gringo’s) en Willem Roos (Riverbank).

Ermelo Full Moon Cue Sport nooi alle belangstellendes om Dinsdae en Donderdae om 6nm by hulle aan te sluit. Die klub is by Ermelo Buiteklub op die Hendrina-pad.

Die Mpumalanga Swartbal tweedespan is Peter Nwaila (Panda’s), Piet Skozana (Gringo’s), Hein Heine (Full Moon), Shane Nolan (Gringo’s) en Paul Khumalo (Panda’s). (Foto: Verskaf)
Exit mobile version