Local sportSport

Ermelo hengelaars kap 87 visse tydens eerste hengelkompetisie by Teeni Meer

In die junior-afdeling het Deandré Smit die eerste plek ingeneem met twee visse in sy sak en ’n gewig van 1.476kg. Hy het ook die grootste karp in die afdleing gevang wat 1.293kg gewees het.

Ermelo Hengelklub het Saterdag, 20 Januarie hulle eerste hengelkompetisie in bitter koue weer aangebied.

Die kompetisie het buite Chrissiesmeer by Teeni Meer plaasgevind.

In die juniorafdeling het Deandré Smit die eerste plek verower met twee visse in sy sak met ‘n gewig van 1.476kg. Hy het ook die grootste karp in die afdeling gevang wat 1.293kg geweeg het.

Stephnie Oosthuizen het met vier visse en ‘n gewig van 7.154kg eerste in die vroue-afdeling geëindig, gevolg deur Lizelia Engelbrecht met drie visse wat 1.839kg geweeg het en Samantha Venter derde met twee visse wat 1.394kg geweeg het.

Hermann Fourie het 15 visse met ’n gewig van 12.964kg vir die dag uitgetrek. Hy het ook die grootste karp wat 3.641kg geweeg het gevang. (Foto: Verskaf)

Stephnie Oosthuizen het die grootste karp in die afdeling gevang wat 3.15kg geweeg het en Lizelia Engelbrecht die grootste baber van 0.340kg.

In die mansafdeling het Jaco Oosthuizen eerste geëindig met 21 visse in die net wat 23.667kg geweeg het, met Hermann Fourie tweede met 15 visse en ‘n gewig van 12.964kg en Dries Smit derde met agt visse en ‘n gewig van 8.927kg.

Rohan Broodryk het agt visse gevang (5.316kg), Rynhardt Oosthuizen vyf visse (5.673kg), Albert Stoop ses visse (3.827kg), Nick Engelbrecht vyf visse (2.672kg), Charlie

Groenewald het drie visse gevang met ‘n gewig van 3.731kg en Adriaan Smuts twee visse met ‘n gewig van 1.868kg.

Die grootste karp (3.641kg) is deur Hermann Fourie gevang en die grootste baber (0.260kg) is gevang deur Jaco Oosthuizen.

Jaco Oosthuizen spog met 21 visse in die net wat 23.667kg geweeg het. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button