Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) se eerste skietdag ’n reuse sukses

John Whatley is die algehele wenner van die dag met ’n tyd van 19.08 sekondes, met Vivian Whatley tweede met ’n tyd van 24.45 en Victor Borges derde met ’n tyd van 26.95 sekondes.

Die Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) het Saterdag, 19 Januarie die jaar afgeskop met hulle eerste skietdag.

Sowat 30 skuts het die dag bygewoon wat by die Vlakfontein-skietbaan op die Chrissiesmeerpad plaas gevind het.

John Whatley is die algehele wenner van die dag met ‘n tyd van 19.08 sekondes, met Vivian Whatley tweede met ‘n tyd van 24.45 en Victor Borges derde met ‘n tyd van 26.95 sekondes.

In die vierde plek is Johnny dos Reis met ‘n tyd van 29.60 sekondes en kort op sy hakke in die vyfde plek is Gert Jansen van Rensburg met ‘n tyd van 30.68 sekondes.

Elke skut het ongeveer 10 meter van die teiken gestaan waarna elkeen 25 skote tydens vyf verskillende oefeninge geskiet het. Die 5×5 klasifisering word gedoen om elke skut se klasifikasie te toets.

Die ander uitslae vir die dag is;

In die sesde plek is Paul van Niekerk (30.84 sek), Louis Geldenhuys sewende met ‘n tyd van 32.23 sekondes, Sarel Marais agtste (33.17 sek), Christelle Whatley (34.63 sek) negende en Bruce Theron (37.37 sek) tiende.

Die ander skuts se tye is Heino Volker (37.81 sek), Cecelia Beukes (37.97 sek), Christo Botha (40.83 sek), Pieter Randell (45.09 sek), Willemjan Human (45.91 sek), Gernus Jansen van Rensburg (49.72 sek), Lodewyk Pretorius (53.38 sek), Dewald Liebenberg (45.05 sek), Steve Ruatenbach (63.46 sek), Fred Bosh (65.50 sek), Alewyn de Vos (66.08 sek), Grant Hatherell (66.32 sek), Pannie Marais (68.27 sek), Ernst Jansen van Rensburg (69.51 sek), Cheryl Geldenhuys (72.70 sek), Kobus Liebenberg (74.41 sek), Luche Geldenhuys (97.23 sek) en Rethea Jansen van Rensburg (134.91 sek).

Twee additionele bane is vir die dag opgestel met twee verskillende scenario’s.

Cecelia Beukes is as die wenner aangewys met Kobus Liebenberg tweede, Dewald Liebenberg derde en Victor Borges het vierde geëindig.

EDPC se volgende skietdag sal Saterdag, 16 Februarie by die Vlakfontein-skietbaan plaasvind.

Sien meer foto’s hier:

https://highvelder.co.za/73731/fotos-ermelo-defensive-pistol-klub-edpc-bied-5×5-klasifiserings-skietdag-aan/

Exit mobile version