School sportSport

Laerskool JJ van der Merwe se atlete kwyt hul goed van hul taak tydens die jaarlikse Interhuis atletiek-byeenkoms

Vanjaar was vol hoogtepunte met atlete wat uitstekende rekords laat spat het.

Laerskool JJ van der Merwe het Vrydag, 11 Januarie en Saterdag, 12 Januarie hul jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms aangebied.

Morné Engelbrecht het die seuns 0/12 100m en 150m-rekords verbeter.

Kryn Romijn het ook die seuns 0/12 150m-rekord verbeter.

Tyrone Berning het die skool se oë op hom gehad nadat hy die skool se hoogspringrekord verbeter het na 1.7m, wat ook nie-amptelik die huidige Suid-Afrikaanse S0/13 hoogspringrekord verbygesteek het.

https://www.facebook.com/HighvelderNewspaper/videos/1955730827887575/

Hy het in die seuns 0/13 die 100m, 200m en 80m hekkiesitems se rekords laat tuimel.

Die uitblinker-atlete by vanjaar se interhuis atletiek-byeenkoms is:

Tyrone Berning is aangewys as die Senior Victor Ludorum, beste baanatleet, beste veldatleet en het ook die beste prestasie van die dag, Brenda Kirsten is aangewys as die Senior Victrix Ludorum, Milann Engelbrect is aangewys as die Junior Victor Ludorum en Megan Herbst is aangewys as die Junior Victrix Ludorum van die dag.

Vir meer foto’s lees ook:

https://highvelder.co.za/73529/fotos-vanjaar-se-interhuis-atletiek-byeenkoms-van-laerskool-jj-van-der-merwe-vol-hoogtepunte-met-atlete-wat-uitstekende-rekords-laat-spat-het/

Related Articles

Back to top button