Sport

Ermelo Pan Solution Warrior-krieketspan beklink wedstryd teen Bethal Bears met 54 lopies

Ermelo Warriors het 210 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in hul toegelate 50 beurte aangeteken.

Ermelo Pan Solution Warrior-krieketspan het Saterdag, 5 Januarie teen Bethal Bears in die Gert Sibande Distrikliga op Ermelo Hoërskool se veld te staan gekom.

Die wedstryd het 10vm afgeskop, met Bethal wat die loot gewen het en Ermelo ingestuur het om eerste te kolf.

Ermelo se span het 210 lopies almal uit in hul toegelate 50 beurte aangeteken met Driaan Swart wat 47 lopies aangeteken het en Berno van Niekerk 32 lopies.

Bethal het tydens hul kolfbeurt 156 lopies almal uit aangeteken. Riaan Jansen en Zuan Swart het uitgeblink as boulers met onderskeidelik vier paaltjies in 10 beurte, met slegs 37 lopies afgestaan en drie paaltjies in 10 beurte met 36 lopies afgestaan.

Riaan Jansen is as speler van die wedstryd aangewys.

Related Articles

Back to top button