Local sportSport

Hengelaars kap 76 visse vas by Eilandsmeer

Altesaam het die hengelaars 76 visse ingeweeg met ’n massa van 37.07kg. Die grootste karp met ’n gewig van 2kg is deur Charlie Groenewald vasgekap.

Ermelo Hengelklub het Sondag hulle laaste hengelkompetisie vir die jaar by Eilandsmeer aangebied.

Die hengelaars het ‘n totaal van 76 visse ingeweeg met ‘n totale gewig van 37.07kg.

Die grootste karp met ‘n gewig van 2kg is deur Charlie Groenewald vasgekap.

Die uitslae in die seniorafdeling is soos volg: Eerste is Charlie Groenewald met 16 visse met ‘n gewig van 10.204kg.

Die tweede plek is toegeken aan Dries Smith met 16 visse en ‘n gewig van 4.603kg, derde is Hermann Fourie met 13 visse en ‘n gewig van 5.457kg en vierde is Albert Stoop met 11 visse met ‘n gewig van 7.077kg.

Alice Smit het die vroue-afdeling gewen met 13 visse en ‘n gewig van 7.104kg, gevolg deur Evette Groenewald in die tweede plek met vier visse met ‘n gewig van 1.768kg.

Deandré Smit het in die 0/13-afdeling drie visse en ‘n gewig van 0.857kg gevang.

Skakel Evette Groenewald by 082 463 9960 of Dries Smit by 071 684 6725.

Charlie Groenewald is eerste in die senior-afdeling met 16 visse met ’n gewig van 10.204kg. Hy het ook die grootste karp tydens Ermelo Hengelklub se laaste kompetisie gevang. (Foto verskaf)
Deandré Smit het tydens Ermelo Hengelklub se laaste kompetisie drie visse met ’n gewig van 0.857kg gevang. (Foto verskaf)
Alice Smit het die vroue-afdeling gewen met 13 visse met ‘n gewig van 7.104kg tydens Ermelo Hengelklub se laaste kompetisie. (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button