Local sportSport

Pan Solutions Warriors promo-liga krieketspan staan hul man teen Sasol Griffons op Ermelo

Riaan Jansen het uitgeblink met 145 lopies nie uit nie en Danie Theron het 111 lopies vir die span aangeteken.

Pan Solutions Warriors se promo-liga krieketspan het Saterdag, 10 November teen Sasol Griffons op Ermelo Hoërskool se velde te staan gekom.

Sasol Griffons het eerste die kolf opgeneem en 328/8 na 50 beurte op die tellingbord aangeteken. Wynand Geel en Riaan Jansen het uitgestaan as boulers vir die dag.

Wynand het in 10 boulbeurte 52 lopies afgestaan en drie paaltjies laat val.

Riaan het in agt boulbeurte 44 lopies afgestaan en twee paaltjies laat tuimel.

Ermelo het Sasol se telling in die 49ste boulbeurt verby gegaan met ses paaltjies wat geval het.

Riaan Jansen het uitgeblink met 145 lopies nie uit nie en Danie Theron het 111 lopies vir die span aangeteken.

Die speler van die wedstryd was Riaan Jansen met sy uitstekende boul- en kolfwerk.

Die Pan Solution Warriors het al die borge bedank wat bygedra het tot die krieketklub.

Die borge wat hulle bedank het, is Pan Solutions, O’Reilly’s Pub & Grill, Midway Slaghuis, Liquor City, Fresh Stop asook Ermelo Hoërskool wat hulle velde beskikbaar gestel het vir die span.

“Ons wil ook vir elke ondersteuner wat ons tydens die wedstryde kom ondersteun het, dankie sê,” het Marcel Wallace bygelas.

Riaan Jansen boul ’n vinnig bal na die teenstanders. Hy het in agt boulbeurte 44 lopies afgestaan en twee paaltjies laat tuimel en 145 lopies nie uit nie vir die span aangeteken.
Danie Theron in aksie tydens Ermelo se boulbeurt. Hy is ook aangewys as een van die uitblinker kolwers en het 111 lopies vir die span aangeteken.

Related Articles

Back to top button