Local sportSport

Gholfspelers laat hul nie afskrik deur gure weer nie

’n Gedeelte van die gelde sal aangewend word om ’n groep pensionarisse later vanjaaar vir ’n week te bederf by die SWEMB Rotary Oord in Badplaas.

Gholfspelers het hulle nie deur die gure weer laat afskrik tydens die Rotariër Phoenixklub se gholfdag nie.

Die gholfdag het Donderdag, onlangs by Ermelo Buiteklub plaasgevind.

Sowat 15 spanne het die dag aangepak.

‘n Gedeelte van die geld sal aangewend word om ‘n groep pensionarisse later vanjaar vir ‘n week te bederf by die SWEMB Rotariër-oord in Badplaas.

Die Damesfonteinprojek vir gestremde kinders sal ook voordeel trek uit die gholfdag.

Erhard Prinsloo is die gelukkige wenner van die loting van R1 000 se koopbewys by Alan’s Slaghuis.

Ermelo Scrap Metal span is aangewys as die wenners van die gholfdag. Die span het bestaan uit Paul van Niekerk, Phillip Coetzer, John Lloyd en Marnus Coetzer.

Me. Janine Cirigliano, president van Ermelo Phoenix Rotariërklub, het haar dank uitgespreek teenoor die borge wat die dag ‘n sukses gemaak het: Alan’s Slaghuis, Chryso & Mamba Cement, Ermelo Inn, Izimbali, Pick n Pay en Nashua.

Christiaan Wilmse in aksie tydens die Rotariër Phoenix se gholfdag.

Related Articles

Back to top button