Local sportSport

Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Rietboktak bied laaste skietdag by Vlakfontein aan

In die gong-skiet kon die skuts met enige kaliber tot en met ’n 300 vyf skote vanaf die skiettafels neem. Morné Barnett het in die eertse plek geëindig in die afdeling.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het Saterdag, 10 November hulle laaste pret skietdag vir die jaar aangebied.

Die skietdag het by Vlakfontein-skietbaan op die Chrissiesmeer-pad plaasgevind.

In die gong-skiet kon die skuts met enige kaliber tot en met ‘n 300 vyf skote vanaf die skiettafels neem. Morné Barnett het in die eerste plek geëindig in die afdeling.

Louis Geldenhuys het die eerste plek ingeneem in die Pistool skietafdeling. Die skuts het hier slegs vyf patrone gehad waarmee hulle vyf valplate geskiet het op 20 meter.

Die boog afdeling wat op 20 meter en 30 meter geskiet is, is gewen deur Yolandi McDermid.

Marko Roets en Divan Botha (junior) het in die eerste plek geëindig in die .22-afdeling. Die skuts het elk vyf skote gehad om die valplate op 50 meter te skiet.

Die SAJWV sluit Saterdag, 24 November hulle jaar af tydens die jaareindfunksie en prysuitdeling wat by NG Kerksaal in Breyten sal plaasvind.

Louis Geldenhuys in aksie tydens die gong-skiet by die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak se laaste pret skietdag. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button