Local sportSport

Ermelo Hengelklub trek groot visse uit tydens naweek kompetisie

Die totale vis wat die naweek gevang is was 308 vis met ’n gewig van 184.532kg.

Ermelo Hengelklub het Saterdag en Sondag, 10 en 11 November ‘n naweek-kompetisie by Grootdraaidam op privaatgrond aangebied.

Die groep hengelaars het Saterdag om 5.15vm by Denne Motors ontmoet, waarna hulle na die dam vertrek het.

Die uitslae van die hengel is soos volg: Hermann Fourie het die senior-afdeling gewen met 81 visse met ‘n totale gewig van 38.821kg, gevolg deur Dries Smit in die tweede plek met 28 visse en ‘n gewig van 27.408kg.

Charlie Groenewald in die derde plek met 37 visse met ‘n gewig van 16.878kg.

Evette Groenewald is met 23 visse in die eerste plek in die vroue-afdeling. (Foto verskaf)

In die vroue-afdeling het Evette Groenewald in die eerste plek geëindig met 23 visse en ‘n gewig van 19.570kg, met Alice Smit met 25 visse en ‘n totale gewig van 13.005kg in die tweede plek en Lizelia Engelbrecht in die derde plek met 21 visse met ‘n gewig van 8.573kg.

Deandre Smit is as die wenner in die junior 0/13-afdeling aangewys met 12 visse gevang en ‘n gewig van 5,478kg met Angelique Engelbrecht in die tweede plek met ses visse en ‘n gewig van 2.337kg.

Die klub het ook ‘n nuwe ouderdomsgroep gestig om die kleiner deelnemers ‘n regverdige kans te gee om deel te neem.

Duan Groenewald het in die eerste plek in die juniors 0/6-afdeling geëindig met twee visse en ‘n gewig van 1.150kg.

Die grootste karp het 4.170kg geweeg en is deur Evette Groenewald gevang.

Gideon Broodwyk het die grootste baber gevang wat 4.066kg geweeg het.

Die grootste geelvis is deur Albert Stoop gevang en het 0.802kg geweeg.

Charlie Groenewald het die grootste klipbaber gevang wat 0.203kg geweeg het en ook die grootste moddervis gevang met ‘n gewig van 1.582kg.

Die totale visse wat die naweek gevang is was 308 en hul totale gewig was 184.532kg.

Dries Smit is met 28 visse in die tweede plek by die senior-afdeling. (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button