School sportSport

Skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie presteer tydens die Suid-Afrikaanse skole skiet kampioenskap

Ligbron se skuts het goeie plekke behaal by die Suid-Afrikaanse skole skiet kampioenskap

Skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf 29 September tot 4 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Skole Skietkampioenskap deelgeneem.

In die 0/16-afdeling het 133 skuts deelgeneem en die Liggies het die volgende plekke beklee:

Sumé Snyman 28ste met 1 384 punte, Gerhard Botma 39ste met 1 364 punte, Hanro van der Spuy 41ste met 1 362 punte en Sophia Giliomee 91ste met 1 279 punte.

Charles Giliomee en Jan Schoonraad het albei in die 0/21-afdeling deelgeneem waar 91 skuts betrokke was.

Charles het in die 11de plek geëindig met 1 422 punte en is ook aangewys as die Mpumalanga-spankaptein met Jan wat 37ste geëindig het met 1 314 punte.

Related Articles

Back to top button