Ermelo Defensive Pistol klub bied jaarlikse ope skietdag by Vlakfontein-skietbaan aan

Daar was sewe nuwe lede wat opleiding deur mnr. Vivian Whatley en ander veiligheidsbeamptes ontvang het, waarna die skuts deur die ses verskillende bane wat opgestel is vir die dag, geneem is.

Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) het Saterdag, 20 Oktober hul jaarlikse ope-skietdag by Vlakfontein-skietbaan aangebied.

Nuwe lede is tydens die dag touwys gemaak oor die reëls en bevele wat tydens ’n skietkompetisie gebruik word.

Sewe nuwe lede het opleiding ontvang van mnr. Vivian Whatley en ander veiligheidsbeamptes, waarna die skuts deur die ses verskillende bane wat opgestel is vir die dag, geneem is.

Die belangrikheid van veiligheid is tydens die dag aan elke skut beklemtoon.

Vivian Whatley is besig met die opleiding van die nuwe skuts om hulle touwys oor die reëls en bevele wat tydens ‘n skietkompetisie gebruik word.

Die uitslae vir die nuwe lede is: Stephan Maré het in die eerste plek geëindig met ’n tyd van 138.94 sekondes, gevolg deur Simon du Plessis in die tweede plek met 153.08 sekondes en Stefan van Coller in die derde plek met ’n tyd van 183.09 sekondes.

In die vierde plek was Michiel Meyer met 255.57 sekondes, Pieter Maré was in die vyfde plek met 256.74 sekondes, gevolg deur Nicolaas Dreyer met ’n tyd van 317.69 sekondes in die sesde plek en Mathea Liebenberg in die sewende plek met ’n tyd van 436.43 sekondes.

Die uitslae vir die ander lede is: John Whatley is aangewys as die wenner van die dag met ’n tyd van 97.06 sekondes, met Bruce Theron in die tweede plek met 111.19 sekondes en Willem Jan Human in die derde plek met ’n tyd van 118.94 sekondes. Kort op sy hakke is Victor Borges met ’n tyd van 119.16 sekondes in die vierde plek.

Fred Bosch het in die vyfde plek geëindig met 168.80 sekondes, met Vivian Whatley in die sesde plek met 189.20 sekondes, gevolg deur Dewald Liebenberg in die sewende plek met ’n tyd van 205.09 sekondes en Christelle Whatley in die agtste plek met 286.06 sekondes.

Freddie Bosch en Willem Jan Human gee ’n demonstrasie van die eerste baan aan die nuwe lede tydens die Ermelo Defensive Pistol klub (EDPC) se opedag op Vlakfonteinskietbaan.
Exit mobile version