Atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie presteer tydens die Elardus Erasmus atletiekbyeenkoms in Naboomspruit

’n Totaal van 54 spanne het aan die byeenkoms deelgeneem en dit was eens dat die atletiek van hoogstaande gehalte was.

Die Top 10 dogters- en seunsatlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Vrydag en Saterdag, 12 en 13 Oktober, aan die Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit plaasgevind het.

’n Totaal van 54 spanne het aan die byeenkoms deelgeneem.

Die Top 10 dogters- en seunsatlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie tydens die oorhandiging van hulle sweetpakke. Hier is die atlete saam met mnr. Hein Sassenberg en mnr. Jacques van Zyl van Pan Solutions en mnr. Erich Beneke en mnr. Nikki Broodryk van Ligbron. (Foto: Verskaf)

Die volgende Liggies het prestasies opgelewer deur onder die eerste drie plekke in hulle item te eindig:

Kwanele Nkambule (0/15) het ’n tweede plek in die 200m en ’n tweede plek met sy verspringitem behaal,

Marisca Stander (0/17) het ’n tweede plek in die 400m hekkies en ’n derde plek in die 100m hekkies behaal.

Bianca Francis het tweede in die 400m item geëindig en Thomas Labuschagne het in die 400m hekkies in die derde plek geëindig.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het ook Pan Solutions en TWK bedank vir die borgskap vir die Top 10 se atletiekdrag en sweetpakke.

Exit mobile version