Ermelo Hoërskool se skuts presteer by die Suid-Afrikaanse skiet kampioenskap in New Castle

Mpumalanga het as provinsie in die sporter-, sowel as die veerklas, in die tweede plek geëindig.

Vier van die Ermelo Hoërskool se skuts het hulle goed van hul taak gekwyt tydens die Suid-Afrikaanse Skietkampioenskap wat vanaf 1 tot 4 Oktober in Newcastle plaasgevind het.

Altesaam 428 skuts het in verskillende klasse deelgeneem en die Erries het almal in die luggeweer sporter-geweerafdeling geskiet.

Ten spyte van die gure weer, het die Errie-skuts goed gevaar.

Reinhardt Vorster, gr. 11-leerder, het in die 0/21-afdeling die 10m 400-staankompetisie gewen.

Pieter de Beer (Laerskool JJ van der Merwe) was lid van die provinsie se 0/14A-span wat ’n bronsmedalje verwerf het.

John-Henri van Zyl, gr. 11, het sy persoonlike beste telling geskiet.

Die 0/14A-sporterspan het in die derde plek geëindig en die 0/16A-span tweede.

Mpumalanga het in die sporter-, sowel as die veerklas in die tweede plek geëindig.

Die tellings in die 0/21-afdeling was: Reinhardt Vorster 1 416 en John-Henri van Zyl 1 376, wat sy persoonlike beste geskiet het.

In die 0/16-afdeling het Drean van Breda 1 351 behaal en in die 0/14-afdeling het Pieter de Beer 1 271 geskiet.

Pieter de Beer (L/S JJ van der Merwe), John-Henri van Zyl, Drean van Breda en Reinhardt Vorster tydens die Suid-Afrikaanse Skietkampioenskap in Newcastle. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version