Ligbron Akademie vir Tegnologie se krieketspanne wys wat in hulle steek

Hendrico Jansen van Rensburg was kolwer van die wedstryd met 54 lopies (nie uit nie). Ligbron het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 0/14A-krieketspan het Maandag, 17 September teen Ermelo Hoërskool se 0/14B-span op EHS se veld te staan gekom.

EHS het eerste gekolf en 26 lopies (almal uit) in 9.5 boulbeurte aangeteken.

Dries Odendaal het uitgeblink met vyf paaltjies vir 12 lopies in vier boulbeurte.

Ligbron het die kolf opgeneem en 27 lopies vir die verlies van geen paaltjies in drie boulbeurte aangeteken.

Dylan Roodt het uitgeblink met 14 lopies van 13 balle.

Ligbron het die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

Die tweede krieketspan het Dinsdag, 18 September tuis teen Piet Retief se tweedespan gespeel.

Sias Jacobs van Ligbron Akademie vir Tegnologie in aksie tydens die wedstryd teen Penryn. Hy was die bouler van die wedstryd met drie paaltjies vir 51 lopies in 10 boulbeurte. (Foto verskaf)

Piet Retief het eerste gekolf en 101/9 in 20 boulbeurte aangeteken.

Zenkosi Nkambule het met vier paaltjies vir 13 lopies in vier boulbeurte uitgeblink.

Ligbron het 103/9 in 18.4 boulbeurte aangeteken. Mohammed Gardee het 37 lopies vir die span aangeteken. Ligbron het die wedstryd met een paaltjie gewen.

Die 0/15A-span het Saterdag, 22 September teen Penryn se 0/15A-span in Mbombela te staan gekom.

Penryn het eerste gekolf en 174 lopies in 33.2 boulbeurte aangeteken.

Sias Jacobs het drie paaltjies vir 51 lopies in 10 boulbeurte behaal.

Die Liggies het 176/2 in 24.1 boulbeurte aangeteken.

Hendrico Jansen van Rensburg was die kolwer van die wedstryd met 54 lopies (nie uit nie). Ligbron het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

Sias Jacobs van Ligbron Akademie vir Tegnologie in aksie tydens die wedstryd teen Penryn. Hy was die bouler van die wedstryd met drie paaltjies vir 51 lopies in 10 boulbeurte. (Foto verskaf)
Exit mobile version