Rietboktak-skuts skiet raak

Die kompetisie het by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind. Daar was vier afdelings waaraan die 45 skuts deelgeneem het.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het Saterdag, 6 Oktober ’n skietdag en trofeemeet aangebied.

Die kompetisie het by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind.

Altesaam 45 skuts het in vier afdelings meegeding.

Die algehele wenner in die senior mansafdeling was Jaco Swart, gevolg deur Morné Barnett en Gerhard Swart was in die derde plek.

Izél Barnett is as die algehele wenner in die senior vroue-afdeling aangewys, met Elize Barnett in die tweede plek en Lelani Uys in die derde plek.

Die ander uitslae is:

Jakkalsafdeling:

Charles Robberts het veterane-mans gewen, gevolg deur Max van der Merwe en Tok van Schalkwyk, terwyl Ben Oelofse in die derde plek was.

By die senior mansafdeling het Sarel Smith en Jaco Swart met die eerste plek weggestap, terwyl Jacques van den Berg in die tweede plek en Morné Barnett in die derde plek geëindig het.

Lelani Uys was eerste in die vroue-afdeling, Elize Barnett tweede en Izél Barnett derde.

By die junior-S0/13 het Stephan Uys in die eerste plek geëindig, gevolg deur Ruan Oosthuizen en Leon le Roux in die derde plek.

Duwan Roux is as die wenner by die junior S0/18 aangewys, met Jacques Pretorius in die tweede plek en Danie Venter in die derde plek.

Charles Robberts in aksie tydens die skietkompetisie wat Saterdag, 6 Oktober by Vlakfonteinskietbaan aangebied is. (Foto verskaf)

Vlakvarkafdeling:

Max van der Merwe was die wenner van die veterane-afdeling, gevolg deur Tok van Schalkwyk en Ben Oelofse was in die derde plek.

Jaco Swart is as die wenner in die senior mansafdeling aangewys, met Morné Barnett in die tweede en Lourens Koch in die derde plek.

In die senior vroue-afdeling was Elize Barnett in die eerste plek, gevolg deur Izél Barnett en Felecia Koch.

Leon le Roux het in die eerste plek geëindig by die junior S0/13 met Stephan Uys in die tweede plek.

In die S0/18 was Jacques Pretorius in die eerste plek, met Danie Venter in die tweede en Duwan Roux in die derde plek.

Semi-automatiese-afdeling:

Tok van Schalkwyk was die wenner van die veterane, gevolg deur Ben Oelofse en Steve Rautenbach.

Jaco Swart is die wenner by die senior-mans aangewys, met Gerhard Swart in die tweede en Nico Uys in die derde plek.

Izél Barnett het in die eerste plek in die vroue-afdeling geëindig, met Elize Barnett in die tweede en Lelani Uys in die derde plek.

By die junior S0/13 het Stephan Uys eerste geëindig en Leon le Roux in die tweede plek.

Jacques Pretorius is as die wenner aangewys in die juniorseuns, gevolg deur Christiaan Koch en Duwan Roux.

Luche Geldenhuys het in die junior dogtersafdeling in die eerste plek geëindig.

Kleiduiwe-afdeling:

Steve Rautenbach is as die wenner van die veterane aangewys, met Ben Oelofse in die tweede en Tok van Schalkwyk in die derde plek.

Kobus Venter het in die eerste plek geëindig in die senior mansafdeling, gevolg deur Jaco Swart en Tiaan Burger was in die derde plek.

In die senior vroue-afdeling het Felecia Koch die eerste plek ingeneem, met Izél Barnett in die tweede en Cheryl Geldenhuys in die derde plek.

Christiaan Koch het in die junior S0/18 in die eerste plek geëindig, met Danie Venter in die tweede plek.

Luche Geldenhuys het in die junior dogtersafdeling die eerste plek behaal.

Die volgende skietdag sal op Saterdag, 27 Oktober by Vlakfonteinskietbaan plaasvind.

Luché Geldenhuys in aksie tydens die skietkompetisie wat Saterdag, 6 Oktober by Vlakfonteinskietbaan aangebied is. (Foto verskaf)
Exit mobile version