Local sportSport

Ermelo Tomahawks rugbyspan stormloop Middelburg Broncos

Die spanne is tans besig met Mpumalanga Liga, waarin daar vier spanne deelneem; Limpopo Leopards, Middelburg Broncos, Kriel Roosters en Ermelo Tomahawks.

Die Ermelo Tomahawks-rugbyspan het Saterdag, 6 Oktober teen Bronco’s van Middelburg te staan gekom en die wedstryd met ’n telling van 30 – 26 beklink.

Die wedstryd het om 3nm op die AJ Swanepoel Stadion afgeskop.

Willie de Jager is as speler van die wedstryd aangewys.

Die Ermelo Tomahawks lê tans in die tweede plek op die ranglys van die liga.

Altesaam vier spanne neem tans aan die Mpumalanga Liga deel naamlik Limpopo Leopards, Middelburg Broncos, Kriel Roosters en Ermelo Tomahawks.

Die wenner van die Mpumalanga-beker speel later uit teen die Gauteng-spanne.

Ermelo Tomahawks se volgende wedstryd vind Saterdag, 13 Oktober by die AJ Swanepoel Stadion plaas.

Related Articles

Back to top button