Ermelo Defensive Pistol Klub bied suksesvolle skietkompetisie by Vlakfonteinskietbaan aan

Johnny dos Reis het die DMG-afdeling met ’n tyd van 155.73 sekondes gewen.

Ermelo Defensive Pistol Klub (EDPC) het onlangs ’n skietkompetisie by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad aangebied.

Die skuts kon aan die handwapenafdeling of die DMG-afdeling deelneem.

Vyf bane was in die handwapenafdeling beskikbaar en sewe bane in die DMG-afdeling wat die skuts teen tyd moes voltooi.

Johnny dos Reis het die DMG-afdeling met ’n tyd van 155.73 sekondes gewen.

Bruce Theron was tweede met ’n tyd van 158.32 sekondes en Sarel Marais was derde met ’n tyd van 193.89 sekondes.

Pieter Randell het in die vierde plek geëindig met 211.57 sekondes. Kort op sy hakke was John Smith in die vyfde plek met 215.35 sekondes.

In die sesde plek was Loekie Janse van Rensburg. Marius van Staden was sewende.

LM Jansen van Rensburg was agtste, Steve Rautenbach was negende en Charles Robberts was 10de.

Ernst Jansen van Rensburg is as die algehele wenner van die handwapenafdeling aangewys met ’n tyd van 123.15 sekondes.

Gert Janse van Rensburg (128.56 sek) was tweede en Juan van der Westhuizen was derde plek met 194.09 sekondes.

Lodewyk Pretorius was in die vierde plek met 210.79 sekondes, gevolg deur Grant Hatherell in die vyfde plek met ’n tyd van 269.58 sekondes.

Maronel Wolmerans was in die sesde plek met 276.81 sekondes en Rethea Jansen van Rensburg was in die sewende plek met ’n tyd van 326.58 sekondes.

Estelle Strauss was agtste met ’n tyd van 344.58 sekondes en Antonet van der Westhuizen was negende met 445.80 sekondes.

Exit mobile version