Local sportSport

Tasso’s Rolbalbesigheidsliga sorg vir groot opwinding

Na die afloop van die eerste wedstryde loop die Flinstones voor in die Dinsdag-groep met 14punte, Ermelo Fire & Signs volg kort op hul hakke met 12 punte en die Moths is in die derde plek met 12 punte.

Die Tasso’s-rolbalbesigheidsliga het Dinsdag, 18 September met groot opwinding afgeskop.

Altesaam 28 spanne het ingeskryf wat Dinsdae en Donderdae sake uitspook.

Na die afloop van die eerste wedstryde loop die Flinstones voor in die Dinsdaggroep met 14 punte. Ermelo Fire & Signs volg kort op hul hakke met 12 punte en die Mothsspan is tans in die derde plek met 12 punte.

Die spanne wat volg, is Tiger Milling, Ball Busters en Majorsteel met 11 punte elk en Glassfit Cutters is in die sewende plek met 10 punte.

In die agtste plek is Under Dogs met ses punte, gevolg deur die Nashua-, Tasso’s- en Bolt & Nuts-spanne wat elkeen op vyf punte staan.

Ouma Rooi is tans in die 12de plek, Pan Solutions A is in die 13de plek en Brakecore is in die 14de plek.

Ralph Griffiths van die Rotariërspan in aksie tydens die Tasso’s-rolballiga wat Donderdagaand, 20 September plaasgevind het.

Die Donderdaggroep het hulle nie laat afskrik deur die koue nie en het die braaivure vroeg-vroeg aangesteek

Die voorlopers in die Donderdaggroep is die Jokers wat op 14 punte staan. Ball of Fury is in die tweede plek met 13 punte en Ermelo Toyata in die derde plek met 12 punte.

In die vierde plek is Pan Solutions met 12 punte, EBM is tans in die vyfde plek, ETT is in die sesde plek en Ermelo Vleismark is in die sewende plek.

Die Ringbalspan lê in die agtste plek met sewe punte en kort op hulle hakke is die Rotariërs in die negende plek met ses punte.

Strauss Prokureurs is tans in die 10de plek, Camels Madness is in die 11de plek en Veeartse is in die 12de plek.

Deodata is in die 13de plek en VDB in die 14de plek.

Nicoline Griffiths van die Rotariërsspan tydens die Tasso’s-rolballiga wat Donderdagaand, 20 September plaasgevind het.

Related Articles

Back to top button