Ligbron-skuts opgeneem in Mpumalanga-skietspan

Daar het sewe Liggie-skuts aan die kompetisie deelgeneem en pragtige prestasies opgelewer

Skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 3 en 4 Augustus aan die Mpumalanga-skoleskietkompetisie se eindstryd deelgeneem wat op Ermelo plaasgevind het.

Sewe Liggie-skuts het deelgeneem.

In die 0/16-afdeling het die Liggies die volgende plekke behaal: Hanro van der Spuy is derde met 1 417 punte, Sumé Snyman is sesde met 1 394 punte, Gerhard Botma is 14de met 1 364 punte, Sophia Giliomee is 28ste met 1 229 punte en Ernst Botha 29ste met 1 221 punte.

In die 0/21-afdeling het Charles Giliomee vierde geëindig met 1 413 punte en Jan Schoonraad 11de met 1 373 punte.

Vier van Ligbron se skuts is vir die Mpumalanga-skietspan gekies wat vanaf 29 September tot 4 Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem.

Exit mobile version